To Home Page

To Language Index

logo
Vers el ink
Your link to the Verse


uitnodiging




Job 21:27   Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.

30   dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?



Isaiah 1:16   Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,

1:18   Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.



Isaiah 59:2   maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.

James 4:8   Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!



Matthew 7:13   Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.

14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.



Matthew 24:37  En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

38   Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,

39   en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.



Mark 8:36   Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

37   Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?

38   Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.



Luke 13:24   Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.

25  Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop -- sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.



John 1:12   Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

3:36   Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.



John 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Acts 4:12   En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.



1 Corinthians 1:18   Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;

21  Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red;



James 2:19   Jy glo dat God ‚‚n is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.

1 Peter 4:18  En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?



Matthew 11:28   Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Revelation 22:17   En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.



Logo2

To Language Index

To Home Page


Afrikaans 1953
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika